Wat is
"Bruidjie"?
──── ♡ ────
Bruidjie (eerstehands) se trourokke is eksklusief & uit-die-boks. Dit word dus op bestelling ingevoer volgens mates teen steeds bekostigbare pryse – met die opsie om te huur of koop! En om jou droomrok te kroon, is ons eksklusiewe Bruidjie bykomstighede beskikbaar om jou bruidsvoorkoms af te rond.
Om alle begrotings te akkommodeer, is selektiewe Bruidjie rokke ook tweedehands beskikbaar, met die opsie om te huur of koop.
Hoe werk
die proses?
- As ons een van ons Bruidjie Eerstehands rokke vir jou nuut invoer (Huur of Koop), word ‘n 50% betaling van die kwotasie word vereis om jou trourok se bestelling in proses te sit. Na suksesvolle ontvangs van die betaling, word jou eerste afspraak geskeduleer vir mates.
- Jou trourok word dan bestel volgens jou mates, en bestelling neem 4-5 maande om genoeg tyd vir ontwerp, vervoer en alterasie te verseker.
- Alhoewel jou trourok volgens jou mates bestel word, is verstellings altyd nodig om die PERFEKTE pas te verseker! Alterasies word ekstra gekwoteer, en kan wissel van R500 – R1500 afhangende van die werk benodig.
- In die geval waar jy ‘n tweedehandse rok van die rak af wil huur, is die volle bedrag betaalbaar om jou trourok te bespreek vir jou datum. Alterasies word 4-6 weke voor jou troue geskeduleer.
LET ASSEBLIEF OOK:
- Ongeveer 2 alterasie passings sal benodig word vir verstellings aan jou trourok. Hierdie afsprake is slegs beskikbaar Dinsdae – Vrydae volgens ons naaldwerk-afdeling se afspraak beskikbaarheid.
Jou egte
Yes to the dress
ervaring!
By Bruidjie Bridal is jou JA-oomblik vir ons net so spesiaal soos jou troudag!
Ons bied met trots ‘n YES TO THE DRESS ervaring in egte Bruidjie-styl!
Neem jou spesiale YES TO THE DRESS foto teen ons kenmerk-muur, en teken jou naam op ons spesiale BRUIDJIE LEGACY trourok – verewig in Bruidjie geskiedenis vasgevang.
Kom vir jou droomrok – bly vir die spesiale ervaring, kwaliteit en bekostigbare pryse.
Welkom by jou