Bruidjie Bridal Boutique

Passing Pakkette

  • Alle konsultasie fooie is vooraf betaalbaar om jou afspraak te bevestig. (Geen uitsonderings sal gemaak word nie.) In die geval van kansellasie, is geen fooi terugbetaalbaar nie.
  • As jy SLEGS ons tweedehandse reeks wil aanpas, bevestig asseblief voorraad beskikbaarheid as jou grootte 12/36 – 16/40 is.

Standaard Plus

R180

  • Pas soveel moontlik trourokke in hierdie konsultasie soos die tyd toelaat.
  • Daar is ‘n konsultasie tydlimiet van 1 uur.
  • Maksimum 4 gaste mag die Bruid vergesel. (Geen kinders word toegelaat nie.)
  • Hierdie bedrag is vooraf betaalbaar om die afspraak te bevestig.

In die geval waar daar net 1 of 2 spesifieke trourokke aangepas wil word en die bruid nie gebruik wil maak van die volle uur konsultasie nie, word R25 gehef per rok dan aangepas.

EKSKLUSIEF

R280

  • Eksklusiewe passing van ‘n uur – pas soveel moontlik trourokke in hierdie konsultasie soos die tyd toelaat.
  • Sluit vir elkeen ‘n glasie Sjampanje in vir die Bruid & haar gaste – maksimum 4 gaste mag die Bruid vergesel. (Geen kinders word toegelaat nie.)
  • Hierdie bedrag is vooraf betaalbaar om die afspraak te bevestig.

FAQ

Moet ek ‘n afspraak maak om rokke aan te pas?

Ja, ons is slegs beskikbaar op afspraak. Dis om te verseker elke bruid word die een-tot-een aandag toegewy wat hulle verdien! Jy kan jou afspraak HIER bespreek.

Waar is julle Bruidswinkel geleë?

Ons adres is:

14B Willowbrook Office Park, Van Hoof Street, Roodepoort, Gauteng

Hoe lank is 'n passing en hoeveel trourokke mag ek in hierdie tyd aanpas?

Ons konsultasies is 1uur lank. In hierdie konsultasie kan jy soveel trourokke pas soos die tyd toelaat! Loer na ons passing opsies HIER

Hoeveel gaste mag ek saambring?

Ons laat die Bruid toe om 4 gaste saam te bring op die avontuur! 

Hoe kom ek voorbereid vir my passing?

Om te weet wat om te verwag, het ons vir jou 'n oulike samestelling gemaak HIER!

Hoe lank het julle nodig om 'n Bruidjie Eerstehands rok in my mates te bestel?

Ons werk op 'n tydperk van 4-5 maande, tensy anders ooreengekom. Dit sluit vervaardiging, invoer, customs en moontlike verstellings wat aan jou rok benodig mag word, in.

Verhuur julle trourokke?

Ons doen, ja! 'n Paar gekose tweedehandse rokke is beskikbaar om te huur van ons rak af. Met ons Bruidjie Eerstehands reeks, bied ons die opsie om die rok splinternuut vir jou te bestel, ook met die opsie om te huur of koop. 

Wat is die prysklas van julle trourokke?

Ons tweedehandse trourokke wissel van R6700 - R10 000.

Ons Bruidjie Eerstehands reeks, huur en koop, wissel van R8900 - R17 900 om verskillende begrotings te akkommodeer. 

Koop julle tweedehandse trourokke aan?

Ongelukkig nie, nee. Loer na ons aanlyn adverteringsopsie deur Tweedehandse Bruidjie HIER

Kan ek my tweedehandse trourok wat ek elders gekoop het deur julle Bruidswinkel verkoop?

Ons neem ongelukkig nie trourokke tweedehands in wat elders gekoop is nie. Ons consignment opsie is Eksklusief beskikbaar vir ons Bruidjie Eerstehands rokke wat tweedehands terugkom! 

Bied julle trourokverstellings?

As jy jou rok tweedehands by ons koop, verwys ons jou na betroubare verskaffers wat aan jou rok kan verstel. 

As jy jou Bruidjie Eerstehands trourok deur ons huur of koop, bied ons 'n in-house Naaldwerkster wat verstellings kan maak indien nodig! 

Spesialiseer julle in Plus Size?

Alhoewel enige van ons Bruidjie Eerstehands trourokke bestel kan word in Plus Size, hou ons ongelukkig nie Plus Size voorraad aan om eers te kan aanpas nie. 

afAfrikaans