Bruidjie Bridal Boutique

Liefdesbriewe oor ons

Troubeplanner

ZoëBruidjie

Morning Nikita, I just want to thank you for my wedding planner it’s really special you definitely did think of everything. I have got tears in my eyes, I can’t wait, I will definitely post on social media!😍🤭

DominiqueBruidjie

Môre! Wil net vir julle laatweet dat ek versot is met my boek! Dit gaan werklik my beste vriendin word! So so baie dankie!

JuanèBruidjie

Ek is BAIE tevrede met die troubeplanner - die beplanning het alreeds op die eerste dag toe ek die boek ontvang het begin!

KarinaBruidjie

Beste ding wat ek gekoop het vir myself!

InekeBruidjie

Dit is ń lewensredder, dit help my só baie en ek waardeer die beplanner. Dit het goed in wat ek vergeet het, so dit is ń top klas beplanner en ek sal dit voorstel vir enige bruid!🤍

ZoëBruidjie

Die Troubeplanner is amazing 😱🥰 Ek geniet dit so baie om alles so stap vir stap af te merk. Dis 'n wonderlike produk van julle!💕

SunèBruidjie

Ek is absoluut MAL oor my troubeplanner van Bruidjie! 🤍 Dis ongelooflik oulik en so mooi saamgestel. Daar is idees en beplanningspunte binne wat ek nie eers geweet het ek moet oor dink nie – alles van wat om eerste te doen tot klein detailletjies wat mens maklik kan vergeet. Die boek laat my sommer nog meer opgewonde voel vir ons troue, en ek kan nie wag om te begin skryf, droom en beplan daarin nie. Jy kan sien daar is baie liefde en moeite ingesit. Definitief ‘n moet-hê vir enige bruid wat georganiseerd wil bly en die hele proses wil geniet! 💍✨

NadineBruidjie

Ek love my Bruidjie boek!!!!❤️ die beplanning is soveel makliker🥰

ElzetteBruidjie

Tweedehandse Bruidjie se beplanner is so oulik! Ek het myne Maandag gekry en is so IMPRESSED👏👏

ZelmarieBruidjie

Die Troubeplanner boek is seker die beste ding wat n bruid kan koop, hy het letterlik elke liewe detail van n troue in. Van waar jy alles kan kry vir jou troue tot wat jy alles moet pak vir jou honeymoon 🤭 Ek het nog nooit iets so groot beplan soos 'n troue nie en ek nog nooit gesien hoe iemand 'n troue beplan nie so ek het nie eers geweet waar om te begin nie, die troubeplanner help my so baie, ek het sommer klaar begin beplan🩷

LiezeBruidjie

Die troubeplanner werk só só goed! Dit help 100% om bietjie mens se kop bymekaar te kry!

La-RouchelleBruidjie

Ek is baie gelukkig met die beplanner, ons het sommer dadelik begin beplan. Ons het die naweek na 4 venues gaan kyk en het een van julle lys van verskaffers af gekry. Die beplanner help baie want dit wys en noem selfs goed waarvan ek vergeet het so dis n lekker manier om seker te maak mens onthou alles. Baie dankie🩷🌷

afAfrikaans