FAQ
Ja, ons is slegs beskikbaar op afspraak. Dis om te verseker elke bruid word die een-tot-een aandag toegewy wat hulle verdien! Jy kan jou afspraak HIER bespreek.
Ons adres is:
14B Willowbrook Office Park, Van Hoof Street, Roodepoort, Gauteng
Ons konsultasies is 1uur lank. In hierdie konsultasie kan jy soveel trourokke pas soos die tyd toelaat! Loer na ons passing opsies HIER.
Ons laat die Bruid toe om 4 gaste saam te bring op die avontuur!
Om te weet wat om te verwag, het ons vir jou 'n oulike samestelling gemaak HIER!
Ons werk op 'n tydperk van 4-5 maande, tensy anders ooreengekom. Dit sluit vervaardiging, invoer, customs en moontlike verstellings wat aan jou rok benodig mag word, in.
Ons doen, ja! 'n Paar gekose tweedehandse rokke is beskikbaar om te huur van ons rak af. Met ons Bruidjie Eerstehands reeks, bied ons die opsie om die rok splinternuut vir jou te bestel, ook met die opsie om te huur of koop.
Ons tweedehandse trourokke wissel van R6700 - R10 000.
Ons Bruidjie Eerstehands reeks, huur en koop, wissel van R8900 - R17 900 om verskillende begrotings te akkommodeer.
Ongelukkig nie, nee. Loer na ons aanlyn adverteringsopsie deur Tweedehandse Bruidjie HIER.
Ons neem ongelukkig nie trourokke tweedehands in wat elders gekoop is nie. Ons consignment opsie is Eksklusief beskikbaar vir ons Bruidjie Eerstehands rokke wat tweedehands terugkom!
As jy jou rok tweedehands by ons koop, verwys ons jou na betroubare verskaffers wat aan jou rok kan verstel.
As jy jou Bruidjie Eerstehands trourok deur ons huur of koop, bied ons 'n in-house Naaldwerkster wat verstellings kan maak indien nodig!
Alhoewel enige van ons Bruidjie Eerstehands trourokke bestel kan word in Plus Size, hou ons ongelukkig nie Plus Size voorraad aan om eers te kan aanpas nie.