Kom
voorbereid!
──── ♡ ────
Wat trek ek aan vir my trourok-passing?
Trek gemaklik aan! Verkieslik min tot geen grimering (sodat dit nie aan die trourokke afsmeer nie).
Jy gaan in-en-uit trourokke wees deur die verloop van die konsultasie, so kleredrag is van min bekommernis.
Watter onderklere moet ek aantrek?
Verkieslik ‘n seamless pantie in nude, wit of neutrale kleur. (Pienk of blou panties met lace werk nie so goed met ‘n stywe trourok nie!)
Meeste trourokke word sonder ‘n bra aangepas, die bra is meeste van die tyd net in die pad. As jy nie gemaklik voel om sonder ‘n bra te wees nie, kan jy silicone “stick-on” cups dra of tape gebruik om jou tepels toe te plak.
Maar moet asseblief nie skaam wees nie – ons is almal dieselfde geskape, net in verskillende groottes en vorms!
Wat moet ek saambring?
As jy reeds jou trouskoene gekoop het, kan jy dit met liefde saambring om so die lengte van die rok in ag te neem.
As jy nog nie trouskoene het nie, kan jy ‘n soortgelyke skoen bring wat min of meer dieselfde hoogte is as wat jy graag sal wil dra op jou troudag; maar dis glad nie ‘n vereiste nie.
Hoe betaal ek?
As jy graag jou droomrok tweedehands wil koop na afloop van die konsultasie, kan jy via kaartmasjien betaal. Jou rok word oorhandig en ons neem jou YES TO THE DRESS foto!
Met ons Bruidjie rokke op bestelling word daar 50% betaling vereis van die kwotasie om die bestelproses van jou droomrok aan die gang te sit. Lees meer HIER